top of page

Meer oor ons Kerk

Ons Belydenis

Ons belydenis

  • Die Bybel is die onfeilbare en ewige Woord van God en is woordeliks geïnspireer.

  • God is enig in Wese en tog onderskeie in drie Persone, nl. Vader, Seun en Heilige Gees.

  • Jesus is die ewige en enige Seun van God, wat die enigste Middelaar tussen God en die mens is.

  • Die mens is van nature in ‘n vervalle toestand. Sy totale verdorwenheid en onvermoë tot geestelike deugde maak Wedergeboorte noodsaaklik om die Koninkryk van God te kan beërwe.

  • Die verlore sondaar kan redding uit sy verlore toestand alleen deur die genade bekom, deur geloof in die plaasvervangende dood en die gegote bloed van Jesus Christus ons Heer, opgestane Heiland en Verlosser.

  • ‘n Persoon moet deur belydenis en bekering van sonde Jesus Christus bewustelik aanneem as sy persoonlike Saligmaker en Verlosser, waar God die werk van Wedergeboorte in die hart van die mens doen, sodat hy hemel toe kan gaan. Wedergeboorte is dus ‘n daad wat God doen op grond van die Versoeningsbloed van Christus, wat die mens bewustelik in hierdie lewe ondervind en waardeur hy sekerheid van saligheid ontvang.

  • Die Vervulling met die Heilige Gees vir die kind van die God is noodsaaklik. Dit stel hom instaat om heilig en oorwinnend te lewe asook om vir God te getuig en siele vir Christus te wen – d.i. die ampsbediening van die gelowige.

  • Die ware Kerk, die liggaam van Christus, bestaan uit almal wat weergebore is oor die ganse wêreld, van watter taal, land of nasie hulle ook mag wees. Daarom mag alleen hulle wat lede van hierdie Kerk is as lidmate van die Gemeente en so van die Kerkgenootskap toegelaat word.

  • Jesus Christus, aan die regterhand van God die Vader, waar Hy nou vir Sy kinders voorspraak doen, is die enigste Hoof van die Kerk.

  • Christus se groot sendingopdrag aan sy Kerk, “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom”, moet gehoorsaam word deur plaaslike en wêreldwye evangelisasie.

  • Die persoonlike Wederkoms van Jesus Christus voor die duisendjarige Vrederyk word bely. (Die Wederkoms van Christus geskied in twee fases. By die eerste fase, wat net tot in die lug sal wees, kom Jesus sy kinders wegneem. By die tweede fase kom Hy tot op die aarde om hier saam met sy heiliges te regeer). Hierdie beskouing van die Wederkoms staan bekend as Chiliasme.

  • Die Kerk bely die opstanding van die verlostes tot die ewige lewe en vreugde in die hemel en die opstanding van die verlorenes tot die ewige straf – die poel van vuur.

Die Boodskap

Die Boodskap van die Kerk

Tereg kan ons met die apostel Paulus gesê word: "Want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus en Hom as die gekruisigde". Die kruisboodskap wat deur die Kerk uitgedra word sluit die volgende in:

 

Die verlossing en redding van verlore sondaars (Ef 1:7) en dat 'n mens in hierdie lewe sekerheid van saligheid kan bekom (1 Joh 513)

 

Die vervulling met die Heilige Gees (Ef 5:18) en Heiligmaking wat die wil van God is vir Sy kinders (1 Thess 4:7,8)

 

Die persoonlike Wederkoms van Jesus voor die 1000 jarige Vrederyk (Openb 19,20)

 

Die Evangeliese Belydenis

 

Die Genesing van die liggaam op grond van die Versoening van Christus Jesus (Matt 8:17,18)

Die Kerk aanvaar die Formuliere as ondergeskik aan die Woord van God. 

Prys die Heer - Oase Gemeente
Meer oor ons

ons is 'n klein kerkie in die hartjie van Hillary Durban. Welkom by ons en geniet God se liefde 

ADRES

16 Lewis Byron Road, Hillary, Durban 4094

SUBSCRIBE FOR EMAILS
  • Grey Facebook Icon

© 2023 by HARMONY. Proudly created with Wix.com

bottom of page